Marius Fransman, die leier van die ANC in die Wes-Kaap, het erken dat die Cederberg-munisipaliteit, wat deur die ANC bedryf word, in chaos is. Dorpe soos Clanwilliam, Citrusdal en Lambertsbaai val onder dié munisipaliteit.
Die Cape Argus het Woensdag berig dat die munisipaliteit besig is “om die gemors op te ruim”.
“Ons stel nie in ‘n heksejag belang nie, maar dit is duidelik dat daar chaos in Cederberg is en dit moet reggestel word,” het hy aan die koerant gesê.
Dit volg nadat daar verlede maand ‘n klagte teen die burgemeester van Cederberg, Johan White, aanhangig gemaak is nadat hy vermoedelik pornografiese foto’s aan sy adjunk, Lorna Scheepers, gestuur het. White het glo ook aangebied om Scheepers op ‘n uitstappie na Durban te neem op die munisipaliteit se onkostes. White het destyds die aantygings ontken.
Fransman het gesê White gaan disiplinêr verhoor word en die verhoor behoort binne twee of drie weke afgehandel te wees.
Marius ou maat, dis nie nodig om hekse te jag nie. Maak net skoon en dank die lot af wat jy dink hekse is.
Welkom Cederberg-munisipaliteit by die res van Suid-Afrika se munisipaliteite wat onder ANC-beheer is – hulle is almal in chaos. Die rede vir die ANC se obsessie om onder andere munisipaliteite te beheer, is bloot vir eie gewin en selfverryking van sy ampsdraers. Diens aan die gemeenskappe is sekondêr en nie belangrik nie.