Cele beplan om hof toe te gaan

Bheki Cele. Foto: GCIS

Bheki Cele, die afgedankte nasionale polisiekommissaris, het Woensdag geskimp dat politici binne die ANC met lede van die media en “apartheidsagente” saamgewerk het om ‘n smeerveldtog teen hom te voer.

Cele het joernaliste tydens ʼn perskonferensie van die Nasionale Persklub in Pretoria toegespreek. Hy het gesê daar is die afgelope drie jaar op hom jag gemaak en hy is uiteindelik uit sy werk gedwing.

Hy het ook tydens die konferensie gesê hy sou die land se misdaadsituasie omkeer indien hy in sy posisie kon aanbly.

Cele het gesê hy is van plan om die hooggeregshof te vra om regter Jake Moloi se verslag te hersien, waarin bevind is dat hy nie geskik is vir die pos as polisiehoof nie. “Ek gaan hof toe want ek wil hê president Jacob Zuma moet uitklaar watter spesifieke bevinding in Moloi se verslag was, wat veroorsaak het dat ek ontslaan is,” het Cele gesê.

Hy het gesê hy beplan om voor die einde van die week die versoek by die hooggeregshof in te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.