“Enige plek anders is jy onskuldig tot jy skuldig bewys word. By die openbare beskermer is jy skuldig tot jy jou onskuld kan bewys,” het Cele aan die koerant gesê. Cele sê hy het inligting versoek om die bewerings dat daar wanadministrasie was, te staaf. “Hulle het niks voorsien nie.” Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat ʼn uitgelekte brief van Madonsela beweer dat Cele niks gedoen het om vrugtelose en verkwiste uitgawes te keer nie. Madonsela het glo in ʼn brief aan Cele geskryf dat die polisie en die departemente van openbare werke en verdediging nie behoorlike prosesse gevolg het nie. Sy het voorlopig bevind dat Cele, as die polisie se rekenpligtige beampte gedurende die tydperk van ondersoek, nie gepoog het om uitermatige besteding stop te sit nie. In Sondag se City Press het Cele ook ontken dat hy probeer het om die finale verslag se datum van uitreiking te vertraag. Cele het intussen ook aan die koerant gesê dat hy bereid is om enige werk vir die ANC te doen na die verkiesing. “Ek is tans werkloos maar die lidmaatskap van die ANC het my in diens geneem vir na die verkiesing…ek sal doen wat ook al daar van my verwag word.”
Lees ook:
Bheki Cele ontken Nkandla-betrokkenheid