Cele kap Madonsela oor Nkandla-verslag

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Bheki Cele, voormalige polisiehoof, het Thuli Madonsela, openbare beskermer, se konsepverslag oor president Jacob Zuma se Nkandla-woning gekritiseer en gesê dit plaas onregverdiglik skuld op hom, berig die Sunday Independent.

“Enige plek anders is jy onskuldig tot jy skuldig bewys word. By die openbare beskermer is jy skuldig tot jy jou onskuld kan bewys,” het Cele aan die koerant gesê. Cele sê hy het inligting versoek om die bewerings dat daar wanadministrasie was, te staaf. “Hulle het niks voorsien nie.” Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat ʼn uitgelekte brief van Madonsela beweer dat Cele niks gedoen het om vrugtelose en verkwiste uitgawes te keer nie. Madonsela het glo in ʼn brief aan Cele geskryf dat die polisie en die departemente van openbare werke en verdediging nie behoorlike prosesse gevolg het nie. Sy het voorlopig bevind dat Cele, as die polisie se rekenpligtige beampte gedurende die tydperk van ondersoek, nie gepoog het om uitermatige besteding stop te sit nie. In Sondag se City Press het Cele ook ontken dat hy probeer het om die finale verslag se datum van uitreiking te vertraag. Cele het intussen ook aan die koerant gesê dat hy bereid is om enige werk vir die ANC te doen na die verkiesing. “Ek is tans werkloos maar die lidmaatskap van die ANC het my in diens geneem vir na die verkiesing…ek sal doen wat ook al daar van my verwag word.”

Lees ook:
Bheki Cele ontken Nkandla-betrokkenheid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.