Cell C-baas het “ligte beroerte”

Alan Knott-Craig Foto: mybroadband.co.za

Alan Knott-Craig Foto: mybroadband.co.za

Alan Knott-Craig, hoof van Cell C, het ʼn ligte beroerte gehad, het die maatskappy Maandag gesê.

Hy sterk tans in die hospitaal aan en reageer op behandeling. Hy sal na verwagting ten volle herstel.

Jose dos Santos, Cell C se hoof handelsbeampte sal waarneem as hoof uitvoerende beampte totdat Knott-Craig terugkeer werk toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Alan ek ken jou glad nie, maar weet dat die pad nie maklik is om te stap na ‘n beroerte nie, maar baie sterkte aan jou en beterskap!

AmY ·

Ek onthou so paar jaar terug is ‘n paar van die direkteure in ‘n vlliegongeluk dood? As ek reg onthou? Ek glo hy sal ten volle hertsel. Sterke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.