Centurion-bejaarde twee keer geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Frans de Jonge (74) is Dinsdagaand by sy huis in Eldoraigne, Centurion deur vier mans oorval en hy is twee keer in die maag geskiet.

De Jonge se dogter, Cilleste de Jonge, het aan Maroela Media gesê haar pa is nog in ʼn kritieke toestand in die Unitas-hospitaal in Centurion. Hy word Woensdag geopereer.

Volgens Cilleste het haar ouers laatmiddag teruggekeer by die huis en haar ma, Hester, het uitgeklim om solank die huis oop te sluit. Sy het deur die motorhuis gestap. Frans het die motor in die motorhuis ingetrek. Terwyl hy in die motorhuis doenig was, het die vier mans hom oorval. ʼn Vyfde verdagte het glo in die wegkomvoertuig bly sit.

Dit is nie duidelik wat gebeur het nie, maar Frans is twee keer in die maag geskiet.

Hester is nie beseer nie.

“ʼn Saak van huisroof en poging tot moord is oopgemaak,” het sers. Anne Poortman, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Mag ons Hemelse Vader gee dat ook hierdie mens se lewe gespaar sal bly – ook dat Hy Sy hand van beskerming oor elkeen van ons sal hou.

Ons word soos vliee afgemaai – moordenaars word nie opgespoor, word daar enigsins moeite gedoen om hulle op te spoor ?

Die dae van vryelik kom en gaan is verby, ons leef soos kluisenaars in ons eie tronke !

STERKTE word u toegewens !

Jasper ·

Ons mense moet dringend ons leefstyl verander. Dit is duidelik dat hier n beplande aanslag op die witman is. Dit gaan toeneem en die polisie sal nie orals bykom nie. Elke mens moet paraat wees. Oumense kan nie meer alleen bly nie.

Peter Says ·

Jasper, hierdie gebroedsels teiken ALTYD sagte teikens, bejaardes en nou ook kinders, ons huise lyk al nes fort knox, ons betaal baie belasting om in n veilige omgewing te woon….maar ?????

Johan de Jonge ·

Dit is TYD VIR DOODSTRAF!!!!!!!!!!! Ons moet die regering dwing vir n referendum.

Jan de Wet ·

Hoekom miljoene spandeer word aan Nkandla se sekuriteit as daar nou nie ‘n probleem is met veiligheid in ons liewe SA nie. Wag tot een van Zumpie se twaalf vroue of dertig kinders aangeval word en vermoor, verkrag en gemartel word, soos nou die tendens is teen wittes. Almal het die reg om sonder vrees in die openbaar rond te beweeg en wil ook in jou eie omgewing vreesloos kan handel. Soos in elke ander voorval is dit nooit net een van die gemors nie, maar altyd 2 plus, lafhartige banggat kriminele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.