Centurion man deur haai gebyt

Jacques Mostert (29) van Centurion in Gauteng is Vrydag in Stilbaai, Wes-Kaap, deur ‘n haai gebyt, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Mostert het glo saam met vriende branderplank gery toe die aanval plaasgevind het, berig Nuus24. “Na beraming was die haai tussen 4 en 4.5 meter lank, as ooggetuies se vertellings en bytmerke in ag geneem word,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

Mostert het ernstige beserings aan sy bobeen en linkerknie opgedoen. Die NSRI het hom op die toneel vir bloedverlies behandel. Hy is tans in ‘n stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.