Centurion reik na die sterre

Die Tshwane-metro het groot planne vir Centurion. Die metro het onlangs bekend gemaak dat hulle die grootste wolkekrabber in Afrika daar wil oprig.

Drie torings, twee wat as kantoorblokke en een wat as luukse wooneenhede ingerig gaan word, word by die Centurionmeer beplan. Dit sal ook ʼn hotel en winkels huisves.

Die Centurion Symbio-City is deur burgemeester Kgosientso Ramokgopa gedurende verlede week se handel-en-infrastruktuur-beleggingskonferensie in Pretoria bekend gemaak. Hy het gesê die hoogste toring gaan 110 verdiepings hoog wees met twee torings, van onderskeidelik 80 en 60 verdiepings, aan sy kante. Die hoogste toring gaan 447m wees.

Die metro se burgemeesterskomitee het die konsepontwikkelingsplan in beginsel goedgekeur, maar dit moet nog voor die raad dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.