ʼn Klagte van verkragting is teen drie polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisiestasie aanhangig gemaak, nadat hulle glo ʼn vrou by die stasie verkrag het.
Die 30-jarige slagoffer van The Reeds in Centurion, is glo oor die naweek verkrag toe sy ʼn klag by die polisiestasie wou aanmeld. Sy is na die voorval na die Unitas-hospitaal geneem vir behandeling.
Kapt. Agnus Huma, die woordvoerder van die Wierdabrug-polisiestasie, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn klagte van verkragting is by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig gemaak. “Die voorval word deur die polisie se spesialiseenheid ondersoek, ons mag geen verdere kommentaar hieroor lewer nie,” het Huma gesê.
Maroela Media wag vir terugvoer van die Unitas-hospitaal oor die voorval.