Centurion-vrou glo deur drie polisiebeamptes verkrag

ʼn Klagte van verkragting is teen drie polisiebeamptes van die Wierdabrug-polisiestasie aanhangig gemaak, nadat hulle glo ʼn vrou by die stasie verkrag het.

Die 30-jarige slagoffer van The Reeds in Centurion, is glo oor die naweek verkrag toe sy ʼn klag by die polisiestasie wou aanmeld. Sy is na die voorval na die Unitas-hospitaal geneem vir behandeling.

Kapt. Agnus Huma, die woordvoerder van die Wierdabrug-polisiestasie, het Maandag aan Maroela Media gesê ʼn klagte van verkragting is by die Lyttelton-polisiestasie aanhangig gemaak. “Die voorval word deur die polisie se spesialiseenheid ondersoek, ons mag geen verdere kommentaar hieroor lewer nie,” het Huma gesê.

Maroela Media wag vir terugvoer van die Unitas-hospitaal oor die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.