Cern vind deeltjie, maar is dit Godpartikel?

‘n Botsing tussen protone in die deeltjieversneller. Foto AFP

Terwyl duisende mense die verrigtinge by Cern op die internet gevolg het, het die spanning opgeloop – het Cern die ontwykende Higgs-deeltjie, die sogenaamde Godpartikel, gevind?

Uiteindelik het die nuus gekom – ‘n klein deeltjie is wel in die 27 kilometer lange deeltjieversnellingstonnel waargeneem, en die waarnemings strook met die 5 sigmna-norm. Met ander woorde, dis genoeg keer waargeneem om die bestaan te kan bevestig.

Nuus oor die vonds het vroeër uitgelek, en die spanning vir Woensdag se aankondiging hoog laat loop.

Die vraag is nou nog net of dit die Higgs-deeltjie, die laaste stukkie ontwykende legkaart van konvensionele fisika, is? Dit, hoop die wetenskaplikes, sal hulle binne maande na verdere toetse kan bevestig.

Intussen word die vind van ‘n deeltjie van 125,3 giga-elektronvolt as betekenisvol beskryf.

Die geleentheid by Cern in Genève is ook deur Peter Higgs bygewoon, die Britse fisikus wat in die sestigerjare van die vorige eeu aangedui het dat so ‘n deeltjie moet bestaan. Sy beskouings staan as die Higgs-bosonteorie bekend.

Bron: http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120704_015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.