Chad glo oppad matriekafskeid toe

Chad le Clos, die Olimpiese swemmer, vergesel vanaand glo ‘n matriekleerling na haar matriekafskeid in Boksburg.

“Ek is glad nie op my senuwees nie, ek is net vreeslik opgewonde. Ek wens Chad kan nou net hiernatoe kom,” het Melanie Olhaus, ‘n leerder aan Glenvista High School, gesê, berig Beeld. Die matriekafskeid is Saterdagaand in die Birchwood-hotel in Boksburg.

Olhaus was een van die honderde mense wat die Olimpiese span op die lughawe ingewag het by hul aankoms van Londen. Sy het ‘n plakkaat omhoog gehou wat gesê het, “Chad will you be my matric dance date?” (Chad sal jy my vergesel na my matriekafskeid?). “Gelukkig het iemand my plakkaat raakgesien en dit vir Chad uitgewys,” het Olhaus gesê.

Chad en Melanie het nog nie persoonlik met mekaar gepraat nie, maar hy het ‘n week gelede in ‘n toespraak by die Universiteit van die Vrystaat bevestig dat hy haar na haar matriekafskeid gaan vergesel. Chad het Woensdag ook op Twitter bevestig dat hy sy pak gekry het: “
got my suit today for the Matric Dance today, keen for Saturday will post pics after! any guess wat colour it is? #chadettes” (het vandag my pak vir die matriekafskeid gekry, sien uit na Saterdag, sal na die tyd foto’s oplaai! Raai watse kleur is dit? #chadettes).

Volgens Melanie is haar rok, wat Gert-Johan Coetzee ontwerp het, donkerblou met ’n tikkie goud. Chad gaan ’n donkerblou pak dra, het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.