Chad le Clos breek wêreldrekord

chad le clos

Chad le Clos

Chad le Clos het sy algehele voorsprong Dinsdag by die Fina Wêreldbeker-kampioenskap in Singapoer verbeter nadat hy sy eie wêreldrekord in die 200m-vlinderslag vir mans verbreek het.

Le Clos is reeds 92 punte voor Vladimir Morozov van Rusland op die punteleer. Hy het in die 200m-vlinderslag ná 1:48.56 aan die muur geraak.

Hy het ook twee goue medaljes op die eerste dag van die kompetisie ingepalm.

Le Clos het tydens die 50m-vlinderslag vir mans stof geskop in die oë van Roland Schoeman. Schoeman het die goud gewen in die 50m-borsslagfinaal.

Myles Brown het ʼn bronsmedalje vir Suid-Afrika ingepalm in die 400m-vryslag vir mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.