Chad le Clos het Woensdag sy vyfde goue medalje tydens die Fina Wêreldkampioenskap in Singapoer ingepalm.
Le Clos het die goue medalje gewen in die 100m-vlinderslag vir mans nadat hy die 50m en 200m vlinderslag Dinsdag gewen het. Hy het ook die eerste plek in die 200m vryslag vir man behaal.
Le Clos het sy vyfde goue medalje in die mans 200m individuele wisselslag ingepalm.
Myles Brown het Woensdag ook ʼn goue medalje vir Suid-Afrika in die 1500m langafstanditem gewen. Hy het Dinsdag ʼn bronsmedalje ingepalm in die 400m-vryslag vir mans.