Chad le Clos onttrek van wisselslag

Chad le Clos. Foto: Sport24

Chad le Clos, die Olimpiese-wenner, gaan nie Donderdagaand aan die 200m-individuele wisselslagitem vir mans deelneem nie, al het hy daarvoor gekwalifiseer.

Chad se pa, Bert le Clos, het op Twitter geskryf dat Chad nie gaan deelneem nie, omdat hy eerder wil fokus op Vrydag se 100m-vlinderslag.

Chad het Dinsdagaand Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen in die 200m-vlinderslag in ’n tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes. Chad het sodoende ook sy held, Michael Phelps, se droom om die eerste persoon te word om dieselfde Olimpiese item vir die derde agtereenvolgende keer te wen, aan skerwe laat spat. Cameron van der Burgh het Sondag Suid-Afrika se eerste goue medalje gewen in die 100m-borsslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.