Ambrose Monye, een van die verdagtes in die moordsaak van die 26-jarige Chanelle Henning, is Vrydag in die Pretoriase landdroshof borgtog geweier.
Henning is in November 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool in Faerie Glen, oos van Pretoria, afgelaai het.
Monye, ʼn voormalige Nigeriese Olimpiese atleet, het sy borgaansoek ingedien nadat hy vroeër vanjaar in hegtenis geneem is. Hy word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.Tydens sy verskyning in die hof vroeër in Juniemaand, het Monye ‘n adres aan die staat verskaf waar hy glo sou tuisgaan indien hy op borgtog vrygelaat word. Speurders het egter ‘n besoek aan die adres afgelê en het foto’s van die huise in die omgewing geneem. Staatsaanklaer Gerrie Nel het Monye versoek om uit die foto’s aan te dui watter huis aan sy vriend behoort. Die verdagte was nie in staat om die huis uit te wys nie.
Landdros Edmond Patterson het Vrydag gesê Monye is gevaarlik, ʼn vlugrisiko en dat hy vir duur van die verhoor in aanhouding moet bly. Die saak duur in November voort.
Hopelik ontsnap hy nie!
Hoop ook dat hy lewenslank kry!