Chanelle Henning-moord: ‘Ek was nie betrokke nie’

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin

Een van die vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Chanelle Henning en Woensdag op borg vrygelaat is, sê daar is geen bewyse om hom met die moord te verbind nie.

Preshan Pillay (24) is Woensdag op borgtog van R5 000 vrygelaat in die Pretoria landdroshof. ʼn Verklaring wat deur Singh se regsverteenwoordiger, Keneil Muthray, by die hof ingegee is, werp lig op sy beweerde betrokkenheid by die moord. Singh sê in die dokument: “Die staat het min of geen inligting om te beweer dat ek by die moord van die oorledene betrokke was nie. Hy sê hy het in November ʼn vuurwapen gekoop vir sy eie veiligheid by ʼn mnr. Schoeman teen R400. Deon Schoeman (20) het op 17 November in die hof verskyn op aanklag van die diefstal van ʼn vuurwapen. Hy het na bewering die vuurwapen waarmee Henning geskiet is in Februarie vanjaar gesteel en verkoop. Hy word afsonderlik verhoor aangesien hy nie direk met die moord verbind word nie. Singh sê ʼn kollega, Martin Pieterse (sy medebeskuldigde wat ook as Willem bekendstaan), het hom gevra om die vuurwapen te leen. Hy sê Pieterse het die vuurwapen vir hom ʼn paar dae later teruggegee en hy het dit weer aan Gerry Venter gegee om te hou.

“Op 15 November het 10 gewapende mans, wat beweer het hulle is lede van die Valke, my huis besoek. Hulle het my beveel om op die grond te lê terwyl hulle my oor my lyf en kop geskop en geslaan het”. Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen en Singh is in hegtenis geneem. Die wapen is glo gebruik in die moord op Henning. “My aanhouding sal beteken dat ek my werk verloor wat sal beteken dat ek nie vir my gesin kan sorg nie”. Singh het ook ʼn brief ingehandig van sy werkgewer, wat bevestig het dat hy die dag van Henning se moord by die werk was. Volgens Singh se borgvoorwaardes moet hy elke Woensdag- en Sondagaand by die Hercules-polisiestasie, wes van Pretoria aanmeld. Hy mag ook nie met die staat se getuies – Shalom David Khan ook bekend as Sly of Rudeboy, Gerry Venter of Deon Schoeman – kontak maak nie. Singh mag ook nie verhuis sonder toestemming van die ondersoekbeampte nie. Hy het nie ʼn paspoort nie.

Vir ‘n tydlyn van die gebeure rondom Henning se moord klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.