Beeld berig dat André Gouws, wat Vrydag in die hof verskyn het in verband met Henning se moord, glo die skakel is tussen die vermeende baasbrein wat Henning wou dood hê en Ambrose Monye wat glo die moordenaars gereël het. Gouws, wat glo ʼn goeie vriend is van Henning se eksman Nico, het Vrydag saam met Willem Pieterse, wat glo die motorfiets wat tydens die moord gebruik is bestuur het, in die Pretoria landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van moord, sameswering tot moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die polisie hou vol dat Nico nie ‘n verdagte in die saak is nie hoewel talle bronne meen hy is reeds in hegtenis geneem. Nico se prokureur, Werner Bruyns, het aan die Saturday Star gese Henning word nie by die moord geimpliseer nie en is nie in hegtenis geneem nie. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie. Gouws, Pieterse en Monye sal Woensdag saam met Preshan Singh en Gerhardus du Plessis in die Pretoria landdroshof verskyn.
Kyk hier vir ʼn tydlyn van die gebeure rondom Chanelle Henning se moord.