Landdros Kiro Pillay het Andre Gouws se borgaansoek geweier. Sy sê Gouws kon nie daarin slaag om die hof te oortuig van buitengewone omstandighede wat sy vrylating regverdig nie. Gouws sal weer op 29 Maart saam met sy medebeskuldigdes, Ambrose Monye en Preshan Singh, in die hof verskyn. Singh, wat glo die vuurwapen verskaf het vir die moord, is uit op borgtog van R5 000. Monye is steeds in aanhouding nadat hy sy borgaansoek laat vaar het. Henning is op 8 November doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by ʼn kleuterskool in Faerie Glen afgelaai het.
Chanelle Henning-moord: Beskuldigde borg geweier
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.