Chanelle Henning-moord: Beskuldigde het eksvroue gedreig

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Die Pretoria landdroshof het gehoor dat Andre Gouws, wat beskuldig word van die moord op Chanelle Henning, die dag voor haar dood twee boodskappe aan haar vervreemde man, Nico, gestuur het.

Gouws se borgaansoek is Dinsdag voortgesit. Die ondersoekbeampte, Petrus van der Spuy, sê volgens selfoonrekords het Gouws vroeg die oggend en weer later die aand vir Nico boodskappe gestuur het. Hy sê die boodskappe is egter nie meer op Gouws se foon nie. Die hof het tydens Gouws se vorige hofverskyning gehoor van ʼn telefoonoproep wat van Nico se foon na Gouws se foon gemaak is. Die polisie het toe bevestig dat Nico ʼn verdagte in die saak is. Gouws het na bewering opdrag gegee aan die voormalige Nigeriese Olimpiese atleet, Ambrose Monye, om Chanelle te laat vermoor. Dit het intussen ook in die hof aan die lig gekom dat Gouws stormagtige verhoudings gehad het met sy twee eksvroue. Gouws het na bewering skote gevuur op sy eerste vrou in 1994. Sy tweede vrou, wat tans in die Vrystaat woon, het in 2007 ʼn interdik gekry teen hom. Die saak is uitgestel tot 7 Februarie.

Vir ʼn tydlyn van gebeure rondom Chanelle Henning se moord klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petrus Pompies ·

Het enigeiemand al genoem dat Gouws ook Amerikaanse burgerskap het en sal vlug op sy Amerikaanse paspoort sou hy borg kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.