Chanelle Henning-moord: Borg vir Singh toegestaan

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Preshan Singh, die persoon wat glo die vuurwapen vir die moord op Chanelle Henning verskaf het, is vandag in die landdroshof in Pretoria met R5 000 borg vrygelaat.

Landdros Kirro Pillay het Singh, 24, onder streng borgvoorwaardes vrygelaat en aangedui dat daar “uitsonderlike omstandighede tot sy betrokkenheid in die aanklag” is. Staatsaanklaer Gerrie Nel het die borg nie teengestaan nie, ten spyte van die erns van die klagtes wat teen Singh aanhangig gemaak is. Hy is beveel om elke Woensdag- en Sondagaand by die polisiestasie in Hercules in Pretoria aan te meld. Hy mag ook nie, direk of indirek, kontak maak met die drie staatsgetuies nie. Singh moet weer op 17 Januarie in die hof verskyn. Henning, 26, is op 8 November deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet kort nadat sy haar seuntjie, Benjamin, by ʼn kleuterskool in Manitobarylaan in Faerie Glen, Pretoria, afgelaai het.

Vir ʼn volledige tydlyn van die gebeure rondom Henning se moord klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.