Chanelle Henning-moord: ‘Eksman is nou verdagte’

Chanelle Henning se vervreemde man Nico Henning saam met hulle seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

ʼn Polisie ondersoeker het Dinsdag bevestig dat Chanelle Henning se vervreemde man nou ʼn verdagte is in haar moordsaak.

EWN berig dat ʼn oproep gemaak is van Nico Henning se foon waartydens daar opdrag gegee is aan Andre Gouws om die moord op Chanelle uit te stel. Dit het aan die lig gekom tydens Gouws se borgaansoek Dinsdag in die Pretoria landdroshof. Henning is in November doodgeskiet nadat sy haar seun by ʼn kleuterskool in Faerie Glen, oos van Pretoria, afgelaai het. Die ondersoekbeampte in die saak, Pieter van der Spuy, het Dinsdag getuig dat Gouws met die veroordeelde moordenaar Gerhardus du Plessis en sy medepligtige Willem Pieterse ontmoet het enkele dae voor die moord. Du Plessis en Pieterse het vroeër aangevoer dat Gouws tydens die ontmoeting ʼn oproep ontvang het van Nico en dat hy die foon op luidspreker gesit het. Die persoon wat die oproep gemaak het, het beveel dat die moord op Chanelle uitgestel word. Van der Spuy se die oproep van 326 sekondes is van Nico se foon af gemaak. Die polisie wou egter nie sê of Nico in hegtenis geneem gaan word nie.

Lees meer hier.

Vir ʼn uiteensetting van die gebeure rondom die moord op Chanelle Henning klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.