Chanelle Henning-moord: Eksman ontken betrokkenheid

Chanelle Henning

Chanelle Henning se vervreemde man, Nico, het enige betrokkenheid by haar moord ten sterkste ontken.

EWN berig dat Henning se prokureur, Werner Bruyns, ontken het dat Nico enige aandeel gehad het in die moord op sy eksvrou in November verlede jaar. Henning is vroeër die week as ʼn verdagte in haar beweerde huurmoord geïmpliseer tydens die borgaansoek van die beskuldigde Andre Gouws. Die ondersoekbeampte, Petrus van der Spuy, het vroeër in die hof getuig dat die beweerde “meesterbrein” agter die moord steeds soek is. Van der Spuy het na ʼn telefoonoproep verwys wat glo van Nico se foon na Gouws gemaak is. Volgens getuienis wat vroeër in die hof gelewer is, het die persoon wat die oproep gemaak het glo gesê die moord op Henning moet uitgestel word. Die hof het gehoor dat die persoon gesê het: “the bitch had the baby this weekend”. ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Katlego Mogale, het Vrydagoggend gesê Henning is nog nie

in hegtenis geneem nie en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Vir ʼn tydlyn van gebeure rondom die moord op Chanelle Henning klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.