Chanelle Henning-moord: Gouws is glo meesterbrein

Andre Gouws tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: SAPA

Die Pretoria landdroshof het Donderdag gehoor dat Andre Gouws, vriend van die vermoorde Chanelle Henning se eksman, die beweerde meesterbrein is agter haar moord.

Staatsaanklaer, Gerrie Nel, het aan die hof gesê dat Gouws homself as ʼn slagoffer van toeval probeer voorstel het. Nel sê egter dat die aantal voorvalle wat Gouws by die sameswering betrek het en wat gelei het tot “die koelbloedige sluipmoord van ʼn 26-jarige ma op pad werk toe” was eenvoudig te veel om geloofwaardig te wees. Die hof het vroeër tydens Gouws se borgaansoek gehoor dat selfoonrekords wys dat Gouws verskeie kere naby Henning se woonplek opgemerk is voor haar moord. Kringtelevisie-kameras het ook by drie geleenthede ʼn Ford Bantam bakkie en ʼn blou motorfiets in die area opgemerk, wat ooreenkomste het met voertuie wat by Gouws se huis op beslag gelê is. Nel sê dit is vreemd dat selfoonrekords wys dat Gouws by dieselfde pizzawinkel was op dieselfde dag en tyd waar Gerhardus du Plessis en Willem Pieterse beweer hulle hom ontmoet het. Nel sê as dit toeval is “dan is Gouws die ongelukkigste persoon in die wêreld is.”

Nel sê die onus rus nie op die staat om enigiets te bewys nie maar op Gouws om te bewys dat daar uitsonderlike omstandighede is vir die hof om hom op borg vry te laat. Nel het ook daarop gewys dat Gouws die enigste beskuldigde in die saak is wat Henning se vervreemde man, Nico, ken. “Die vraag bly: Wie het Gouws opdrag gegee?” Hy sê Gouws se finansiële situasie sal ʼn motief wees om ʼn kontrak te aanvaar om Henning dood te maak. Gouws se huis is onlangs deur die bank teruggeneem. Nel sê indien daar niemand is wat Gouws opdrag gegee het om die moord te beplan nie “dan het ons moet ʼn slegte en of inherente bose persoon te doen.”Gouws se regsverteenwoordiger, Anel Jacobs, het egter aangevoer dat die saak teen haar kliënt gebaseer is op polisie spekulasie en oneerlike getuies. Landdros Kiro Pillay sal op 2 Maart haar besluit bekendmaak of Gouws op borgtog vrygelaat sal word.

Vir ‘n tydlyn van gebeure rondom die moord op Chanelle Henning klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.