Chanelle Henning-moord: Nuwe inligting dalk bekend

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Die vyf mans wat aangekla word van die moord op Chanelle Henning sal Dinsdag in die Pretoria landdroshof aansoek doen om borgtog.

Gerhardus du Plessis (34), Ambrose Monye (37), Preshan Singh (24), Andre Gouws (47) en Willem Pieterse het verlede week Woensdag vir die eerste keer saam in die hof verskyn. Daar sal na verwagting talle nuwe besonderhede bekendgemaak word wanner die beskuldigdes vandag in die hof verskyn. Daar kan moontlik bevestig word hoe die beskuldigdes mekaar ken en wat hulle onderskeie rolle was in die moord op Henning.

Vir ʼn tydlyn van die gebeure rondom Henning se moord klik hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.