Chanelle Henning-moord: Twee verdagtes wil pleitooreenkoms aangaan

Die vermoorde Chanelle Henning en haar seuntjie Benjamin. Foto: Facebook

Twee van die vyf mans wat aangekla word van die moord op Chanelle Henning wil ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan.

Gerhardus du Plessis (34) en Willem Pieterse is in onderhandelinge met die staat om ‘n pleitooreenkoms aan te gaan. Hulle saak is uitgestel tot 14 Desember en hulle sal by die Garsfontein-polisiestasie in aanhouding bly. Du Plessis, wat vroeër ʼn speurder was by die Hercules-polisiestasie het erken dat hy Henning doodgeskiet het. Pieterse was glo die bestuurder van die motorfiets wat in die moord gebruik is. Andre Gouws (47), wat glo ʼn vriend is van Henning se eksman Nico, het nie om borg aansoek gedoen nie aangesien hy ʼn nuwe regsverteenwoordiger aangestel het. Ambrose Monye (37) en Preshan Singh (24) het saam met Gouws verskyn. Monye en Gouws se borgaansoek is tot 17 Januarie uitgestel weens “onvoorsiene omstandighede”. Daar is ook aangevoer dat die beskuldigdes nie met ʼn staatsgetuie, genaamd Lerato, mag kontak maak nie. Singh se borgaansoek is tot Woensdag uitgestel.

Henning se suster, Monique Habberton, het vroeër vanoggend op Facebook gevra dat mense moet bid dat die regter nie borg toestaan aan die mans wat vir haar suster se moord in hegtenis geneem is nie.

Vir ʼn tydlyn van die gebeure rondom Henning se moord klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.