Gerhardus du Plessis (34), Ambrose Monye (37), Preshan Singh (24), Andre Gouws (47) en Willem Pieterse het vir die eerste keer saam in die hof verskyn. Landdros Maryke de la Rey het die saak tot Dinsdag uitgestel wanneer die beskuldigdes om borgtog sal aansoek doen. Gouws, ʼn beweerde vriend van Henning se eksman Nico, se vriendin het die hofverrigtinge bygewoon. Singh het die hof ingelig dat hy van regsverteenwoordiger verander het en nou deur Kineil Muthray verteenwoordig word. Du Plessis word deur Martin Botha verteenwoordig terwyl Jacques Beetge vir Gouws sal verteenwoordig. Monye word deur Andre Swanepoel verteenwoordig. Pieterse het vroeër om regshulp aansoek gedoen.
Vir ʼn tydlyn van gebeure rondom Henning se moord klik hier.