Chanelle Henning-moordsaak: Valke van intimidasie aangekla

Ambrose Monye Foto: EWN

Ambrose Monye, ‘n verdagte in die Chanelle Henning-moordsaak, se broer het Vrydag in die landdroshof in Pretoria getuig.

Peter Monye beweer die Valke het vriende, wat sy broer wou help, intimideer.

Henning is in 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ‘n kleuterskool in Faerie Glen, Pretoria, afgelaai het.

Peter sê twee speurders van die Valke het Ambrose se vriend, wat vroeër behuising vir Ambrose aangebied het, indien hy op borgtog vrygelaat sou word, ondervra. Hy sê die beamptes het die vriend só intimideer dat hy later die aanbod teruggetrek het.

Peter sê hy en sy verloofde het besluit om Ambrose te help deur vir hom ‘n kamer in hul woonstel in Montana aan te bied. Die staatsaanklaer, Gerrie Nel, het egter gesê die verhuringsagent is nie bewus van enige derde persoon wat moontlik by dié adres sou tuisgaan nie.

Nel voeg by dat die staat oor getuienis beskik dat die Monye-broers nie op goeie voet is nie.

Die saak is vir ‘n week lank uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.