Chanelle Henning: nuwe wending in moordsaak

Ambrose Monye Foto: EWN

Ambrose Monye se borgaansoek in die Chanelle Henning-moordsaak het Donderdag ‘n nuwe wending geneem.

Monye se broer het aangebied om hom te huisves indien hy op borgtog vrygelaat word, berig EWN. Monye het sy borgaansoek by die landdroshof in Pretoria ingedien ná hy ses maande gelede in hegtenis geneem is.

Henning is in November 2011 doodgeskiet net nadat sy haar seuntjie by ‘n kleuterskool in Faerie Glen, Pretoria afgelaai het.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het egter uitgewys dat die verdedigingspan nuwe getuienis tot die hofsaak wil byvoeg. Nel het bewys dat Monye gelieg het oor die adres waar hy glo sou bly indien hy vrygelaat word.

Jeff Ledwaba, prokureur vir die verdediging, het uitstel versoek om die nuwe adres te ondersoek. Monye se broer sal na verwagting binne twee weke sy verskyning in die hof maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jeannie du Plessis ·

Was hierdie uitstel tot September, of is ek verkeerd? Tenminste is hy nog in die tronk, tot dan. As jy so maklik net iemand kan uithaal, hoort jy nie op die straat nie, al was dit vir geld.
So jammer so veel mense se tyd en geld word gemors, hoekom was dit nie nagegaan voor die hofdatum nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.