Chanelle Henning-saak: Uitspraak binnekort verwag

Chanelle Henning

Chanelle Henning

Die uitspraak in die hofsaak van twee mans wat glo betrokke was by die moord op Chanelle Henning gaan na verwagting vandag in die Pretoriase hooggeregshof gelewer word.

Ambrose Monye, ʼn voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en André Gouws word daarvan aangekla dat hulle saamgesweer het om Henning te vermoor.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het. Gouws en Monye het onskuldig gepleit op vyf aanklagte wat verband hou met ʼn sameswering om haar te vermoor. Die staat voer aan dat Monye en Gouws ʼn komplot gesmee het saam met die voormalige polisieman Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse (alias Tattoo). Du Plessis en Pieterse, wat selferkende dwelmverslaafdes is, dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Monye en Gouws is vriende met Henning se man, Nico Henning. Chanelle was in daardie stadium van Nico vervreem en het met regstappe begin om toesig oor hul kind te bekom voordat sy vermoor is. Gouws het tydens die verhoor erken hy het Chanelle agtervolg in opdrag van Nico, om te kyk of sy dwelms gebruik.

Lees ook:
Chanelle Henning-saak: Vermeende moordenaars het “saamgesweer”
Chanelle Henning: Skieter se vrou vas oor dwelms
Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Chanelle Henning-saak: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Henning-saak: Staat het alle getuies ondervra
Henning-beeldmateriaal “geloofwaardig”
Chanelle se pa blameer haar man vir moord
Henning-moord: Verhoor hervat vandag
Henning-moordsaak: Verdagtes beweer aanranding in tronk
Henning-moord: Twee weer in hof
Henning-moord: “Ek is trots op jou, my vriend”
Henning-moord: “Ek kon nee gesê het”
“My tatoe is aan Chanelle Henning opgedra,” sê moordenaar
Henning-moord: Verskeie vergaderings om moord te beplan
Chanelle Henning se man het haar laat agtervolg
Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”
Henning-moord: Getuie blaf vir beskuldigdes
Henning-moord: Saak staan af
Henning-moord: “Monye het gesê ons moet dit doen”
Henning-moordsaak: Regter gefrusteerd
Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anon ·

Ek glo nogsteeds haar (ex) man het iets daarmee te doen. Dis tyd dat hy ook boet vir sy dade. Sal graag wil weet wat die regte rede is hoekom sy vermoor is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.