Chaos in Midrand

Argieffoto

Verkeer in die Midrand-omgewing is Woensdag erg vertraag nadat taxi-bestuurders Allandaleweg versper het om te betoog oor taxi-roetes.

“Hulle het die pad vroeg Woensdagoggend versper en dit het groot verkeersopeenhopings veroorsaak. Verkeer is herlei van Klipfontein na die N1-deurpad. Die pad is intussen oopgestel vir verkeer, maar die situasie bly gespanne,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê.

Metropolisie hou die situasie dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.