Die Hollywoodster Charlize Theron is moontlik op die oorlogspad, maar een van ʼn ander aard. Rapport berig dié Benoni-boorling voer samesprekings om ’n biografiese fliek oor wyle Marie Colvin (56), ’n joernalis wat in oorloggebiede beriggewing gedoen het, te maak.
Theron beplan om Colvin te vertolk in die hoofrol van die rolprent Marie Colvin’s Private War. “Colvin was vir ʼn geruime tyd die internasionale korrespondent van The Sunday Times in Engeland en Amerika. Sy het ’n swart oogklap gedra nadat sy haar oog verloor het toe ’n handgranaat haar in die gesig getref het. Sy is in Februarie doodgeskiet toe sy uit Sirië verslag gedoen het,” berig die koerant.
Lees meer hier.