Cheetahs wen in Durban

Willie le Roux van die Cheetahs

‘n Omstrede onderskepdrie het die Durbanse toeskouers sowel as die Sharks warm onder die kraag gehad op ‘n ysige en nat dag.

Willie le Roux het wedstryd vir die Cheetahs kort voor die eindefluitjie verseël met die eindtelling wat 12-6 was. Die rustydtelling was 12-6.

Hierdie nederlaag plaas die Piesangboere in ‘n onbenydenswaardige posisie voor hul hul opkomende Australasiese toer. Hulle het laas week ook tweede gekom in hul kragmeting teen die Stormers en die Cheetahs het gewys hul goeie vorm is permanent.

Die 10 000 toeskuoers het in die algemeen min gehad om oor opgewonde te raak in die eerste helfte. Beide spanne het hope hanteerfoute te wyte aan die nat toestande gemaak en beide het seker gemaak hul verdediging hou.

Die Cheetahs het veral puik gedryf met hul bedrewe voorspelers net om elke keer die bal aan te slaan. Die Sharks het erg in die skrums begin sukkel nadat die Springbok-stut Tenday Mtwararira deur die veteraan Jannie du Plessis vervang is.

Nadat Heinrich Brüssow die bal vorentoe geskop het van omgekeerde besit, het die Cheetahs-spoedvraat Raymond Rhule dit agterna gesit, vorentoe geskop en daarop geduik agter die pale. Die immer betroubare Burton Francis het die telling 7-0 gemaak.

Pat Lambie het die tuisspan op die telbord geplaas met ‘n strafskop kort voor rustyd.

Die tweede helfte was ook deur groot konserwatisme gekenmerk en die eerste punte is deur Lambie in die 64ste minuut aangeteken met ‘n strafskop. Skielik is die koue deur opgewondenheid vervang en die handjie vol mense op die pawiljoene het reggeskuif vir ‘n nealbytstryd.

Die Cheetahs was wys om die Sharks sover moontlik van hul pale en halfgebied af weg te hou aangesien Lambie se korrel byna altyd sekuur is.

Nadat die alomteenwoordige Le Roux die bal eers aangeslaan het en skeidsregter Jonathan White toegelaat het dat die spel voortduur, het die einste Le Roux die bal onderskep om agter die doellyn te gaan kuier. Francis het die doelskop verbrou, maar selfs ‘n laaste aanvalspoging deur die Sharks kon nie ‘n koue nederlaag keer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Moenie die proeflesers so vroeg op `n Saterdag huis toe laat gaan nie. “Willie le Roux het wedstryd vir die Cheetahs kort voor die eindefluitjie verseël met die eindtelling wat 12-6 was. Die rustydtelling was 12-6. Hierdie nederlaag plaas die Piesangboere in ‘n onbenydenswaardige posisie voor hul hul opkomende Australasiese toer. “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.