Byna tien jaar na die voormalige Libiese diktator, Muamar Ghaddafi ingestem het om al sy land se chemiese wapens te laat vernietig ter wille van verbeterde betrekkinge met die Weste, is die laaste wapens pas alles vernietig, het die New York Times Maandag berig.
Hulle is verlig dat alles nou vernietig is sodat dit nie in die hande van terroriste kan beland nie.
Die wapens sluit bomme en mortiere met mosterdgas in. Die wapens is in ‘n oond verbrand wat spesiaal daarvoor in ‘n afgeleë deel van die woestyn gebou is.
Ghaddafi se bewind is in 2011 omver gewerp.