China gaan geboortebeperkings verslap

babasStrafkampe sal waarskynlik een van die dae nie meer die voorland wees van mense in China wat die lewe aan meer as een kind skenk nie. China het aangekondig dat hy sy streng geboortebeperkings, wat sedert 1970 geld om dié land se bevolkingsgroeikrisis te probeer beheer, gaan verslap, berig The Telegraph.

Tog sal nie alle Chinese egpare uit die beleidsverslapping baat nie. Die verslapping geld slegs vir egpare, waarvan minstens een, ’n enigste kind is en dan mag die egpaar steeds slegs twee kinders hê. Voorheen kon slegs egpare wat albei enigste kinders is, ’n tweede kind hê.

Strafkampe, wat tot nou gebruik is om oortreders van die bevolkingsbeperkingswette te straf, sal egter heeltemal afgeskaf word. Onder die ou beleid is mense dikwels sonder enige vorm van ’n verhoor vir lang tye na dié kampe gestuur en berigte van ernstige mishandeling en ander vergrype in die kampe het vir lank die weerstand en openbare druk teen dié gebruik laat opbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Hulle het nou mense nodig om hul “gekoopte kolonies” te gaan beman.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.