China Mall-rooftog moontlik verhoed

Drie mans is Maandagmiddag in hegtenis geneem nadat die polisie hulle met onwettige vuurwapens en ammunisie in Fordsburg, Johannesburg, betrap het.

Die mans is tydens ‘n padblokkade in Main Reefweg vasgetrek. Hul parkeerde voertuie, ‘n BMW en ‘n Volkswagen Polo, is deursoek en die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens en ammunisie, het superintendent Wayne Minnaar, hoof van die metropolisie in Johannesburg, gesê. Volgens Minnaar vermoed die polisie dat die mans, onderskeidelik 28, 30 en 38 jaar oud, die China Mall wou beroof.

Die drie sal binnekort in die landdroshof in Johannesburg verskyn op klagtes van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.