Terwyl Nasa se Opportunity die stoutste verwagtinge oortref en reeds tien jaar lank op Mars rondrits, is die nuus oor die Chinese tuig op die maan minder goed.
Na net meer as ‘n maand op die maan het die Yutu meganiese probleme opgedoen, wat beteken dat die tuig dalk sy ewige slaap byna twee maande gouer as sy beoogde drie maande sending sal binnegaan. China, wat die aankondiging gedoen het terwyl Opportunity se tien-jaar lange sukses gevier is, skryf die teenspoed toe aan die uiterste komplekse omstandighede op die maanppervlak waaraan Yutu – in Engels bekend as die Jade Rabbit – blootgestel is.
Bron: Wall Street Journal
“Made In China”