China se maantuig het probleme

YutuTerwyl Nasa se Opportunity die stoutste verwagtinge oortref en reeds tien jaar lank op Mars rondrits, is die nuus oor die Chinese tuig op die maan minder goed.

Na net meer as ‘n maand op die maan het die Yutu meganiese probleme opgedoen, wat beteken dat die tuig dalk sy ewige slaap byna twee maande gouer as sy beoogde drie maande sending sal binnegaan. China, wat die aankondiging gedoen het terwyl Opportunity se tien-jaar lange sukses gevier is, skryf die teenspoed toe aan die uiterste komplekse omstandighede op die maanppervlak waaraan Yutu – in Engels bekend as die Jade Rabbit – blootgestel is.

Bron: Wall Street Journal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.