China-staatsamptenaar geskors oor vark-rekening

varkie‘n Beampte van die Kommuniste Party in China is geskors weens ʼn uitstaande rekening van nagenoeg R115 000 by ʼn spesialiteit-varkrestaurant.

Han Junhong, die party se sekretaris in Wanglu, het dié rekening oor sowat drie jaar laat oploop, het die Global Times Maandag berig. Die restaurant is glo die aangewese restaurant vir amptelike funksies in die dorp.

Geng Weijie, die eienaar van die restaurant, se spesialiteit is glo gesmoorde voorpoot met ʼn bruinsous. Geng (42) moes noodgedwonge die restaurant se deure sluit weens kontantvloeiprobleme. “Ek is baie siek, ek het ʼn klein kindjie en my gesin het skuld wat hulle moet afbetaal,” het Geng gesê.

Die voorval het hewige kritiek uitgelok op Weibo, ʼn bekende sosialemedia-webwerf in China. Korrupsie in die regering word gereeld op dié platform uitgeblaker.

Die rekening is die volgende dag betaal, ʼn ondersoek is van stapel gestuur en Han is geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Erich Goosen ·

Die amptenaar moet onmiddellik na Pakistan of VAE oorgeplaas word sodat hy van sy varkvleisverslaafdheid genees kan words.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.