China stel meer mense tereg as res van wêreld saam

China het verlede jaar meer mense tereggestel as die 682 mense wat die betrokke jaar in die res van die wêreld saam tereggestel is. So lui ‘n verslag van 60 bladsye wat pas deur Amnestie Internasionaal bekend gemaak is.

China se teregstellingsyfer is ‘n staatsgeheim, maar dit is volgens alle ramings meer as ‘n duisend, en volgens sommige berigte, selfs duisende.

Buite China is daar verlede jaar meer mense tereggestel as die 680 van die vorige jaar, aldus die verslag.

Iran het verlede jaar minstens 314 mense tereggestel, maar is waarskynlik meer as 500 as geheime tronkteregstellings bygereken word, met Irak wat 129 mense tereggestel het. Hierna volg Saoedi-Arabië (79), die VSA (43) en Jemen (28) onder die lande wat heelwat teregstellings uitvoer.

Iran het verlede jaar op een dag 34 mense tereggestel. Die syfers vir Sirië en Egipte kon glad nie bekom word nie.

Die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) spreek gereeld kommer uit dat Iran na bewering deur bedenklike regsprosesse mense uit minderheidsgemeenskappe, ook kinders, valslik teregstel.

Misdade waarvoor mense tereggestel word sluit in moord, dwelmhandel, dronkenskap tot homoseksualiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.