China het ‘n prentjie van Winnie the pooh en dié beertjie se tiermaatjie verbied omdat dit glo te veel na ‘n foto van die Chinese president, Xi Jinping, en pres. Barack Obama van die VSA lyk.
Iemand het die ooreenkoms opgemerk, en dit het ‘n groot treffer op Weibo, die Chinese eweknie van Twitter, geword. Die twee wêreldleiers het mekaar pas in die VSA ontmoet.