China wil glo maan gebruik vir missielaanvalle op aarde

volmaanChina se suksesvolle landing van ‘n voertuig op die maan is glo deel van ‘n langtermynplan om die maan as lanseerbasis te gebruik vir missiele op aardse teikens.

Terwyl die klimaat tussen China en westerse bondgenote in Suidoos-Asië aan die killigheid van ‘n koue oorlog herinner, lewer die landing verskeie bespiegelende scenarios op.

Die artikel is aanvanklik in die China Times gepubliseer, maar dit is ook op die Engelstalige webwerf, Want China Times, gepubliseer wat vanuit Taiwan bedryf word, maar pro-Chinees is.

Die opvatting dat ‘n koue oorlog aan die ontwikkel is, word onder meer veroorsaak deur China se eensydige uitbreiding van sy lugruim, wat eilande insluit waarop Japan aanspraak maak. Die VSA en Japan daag hierdie uitbreiding uit deur ongehinderd militêre vlugte daardeur te onderneem.

China het ook ‘n waarnemingskip gestuur om ‘n ogie oor Hawaii te gaan hou, en volgens die jongste inligting beplan China ‘n aanval op ‘n eiland wat die Filippyne – ‘n Amerikaanse bondgenoot – al veertig jaar lank beset.

Waarnemers wend nou hierdie koue oorlog oor klein eilande aan om lyf te gee aan die weergawe dat China die maan as lanseerterrein vir missiele in die oog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Go for it China!!! Die wêreld is mos julle s’n. Al’s is mos MADE IN CHINA. Hehe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.