Chinees wat peuter doodgooi kry doodstraf

Han Lei. Foto: Bruno

Han Lei. Foto: Bruno

Han Lei, ‘n 39-jarige Chinees wat verantwoordelik is vir die dood van ‘n 2-jarige meisie, is die doodstraf opgelê.

Volgens die Chinese media was Han besope toe hy en ‘n vrou op ‘n winkel se parkeerterrein stry gekry het oor ‘n parkeerplek. Han het die dogtertjie uit haar stootwaentjie gepluk en op die grond neergegooi, die vrou geslaan en toe voet in die wind geslaan.

Han was pas ‘n maand op vrye voete na hy tronkstraf vir motordiefstal uitgedien het, waarvoor hy aanvanklik tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.

Volgens die media het Han ontsettende berou oor wat hy gedoen het, en wil hy self graag sterf daaroor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vas Vat ·

Dis hoe dit gedoen MOET word.Hoop egter hulle gooi hom ook dood.Hang of inspuiting is te genadig.

kerneels ·

So n mens het geen gevoel of gewete nie. Hy verdien die doodstrag

stephan de kock ·

Dit gebeur in ons land ook, word sommer met messe doodgesteek, versmoor en noem maar op,
wat word van hulle? Niks Dis so in sy moer hierdie regstelsel van ons is. My ouma grootjie het gese onse God slaap nooit!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.