Chinese lanterns glo gevaarlik

Argieffoto

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) doen ʼn beroep op die publiek om nie Chinese lanterns aan die kuslyn vry te laat nie, aangesien dit gereeld vir rooi noodfakkels aangesien word.

“Die NSRI het Saterdag omstreeks 20:30 reageer op berigte dat ʼn rooi noodfakkel tussen Shelly Beach en Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse kus gesien kan word,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, gesê.

NSRI-bemanning het tydens ʼn voorlopige ondersoek om uit te vind waar die bote hulself ter see mag bevind, bepaal dat die rooi noodfakkel eintlik ʼn Chinese lantern is.

“Tydens ʼn onlangse voorval in Engeland het ʼn Chinese lantern bo-op ʼn plastiekfabriek beland en ʼn brand het by die fabriek uitgebreek,” het Lambinon bygevoeg. “Dit is ʼn bykomende gevaar wat Chinese lanterns kan inhou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.