Chinese modelle dra maskers teen lugbesoedeling

'n Chinese model

‘n Chinese model

China se berugte lugbesoedeling het nou so ‘n omvang aangeneem dat modelle by verskeie modeparades verplig was om maskers oor hul neuse en mode te dra.

China verbrand soveel steenkool vir kragopwekking as die res van die wêreld saam. Volgens die jongste Global Carbon Atlas is China die grootste sondaar met 9 628 miljoen ton, gevolg deur die VSA met 5 122 miljoen ton, en Indië met 2 241miljoen ton. Suid-Afrika beklee die 14de plek, en is selfs ‘n groter sondaar as lande soos Frankryk en Italië. Suid-Afrika het die afgelope jaar 661 miljoen ton CO2 weens menslike aktiwiteite in die atmosfeer laat beland, aansienlik meer die 371 miljoen ton van Australië, maar minder as die 505 miljoen ton deur Kanada.

Intussen het wetenskaplikes van Toronto bekend gemaak dat hulle ‘n kunsmatige gas ontdek het wat ‘n veel groter kweekhuiseffek het as koolstof. Een molekule perfluorotributylamine (PFTBA) het dieselfde kweekhuisuitwerking as 7 100 CO2 molekules. Dié gas word veral geskep wanneer elektriese en elektroniese toestelle vervaardig word. Dit het ‘n baie lang lewensduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.