Chinese skepe tart Japan

Drie skepe van die Chinese regering het luidens die Japannese kuswag vanoggend die territoriale water van die betwiste Senkaku-eilande binnegevaar.

Japan het onlangs die eilande van sy Japannese eienaar gekoop, en dit het tot anti-Japannese betogings oor bykans die ganse China gelei. Dit het soms gewelddadig geraak.

China maak ook op die eilande aanspraak, wat in China die Diaoyo-eilande genoem word. Ook Taiwan, waar dit die Tiaoyutai-eilande genoem word, maak op die eilande aanspraak.

Amerika het die eilande in 1971 aan Japan terugbesorg, nadat Japan, wat dit van 1895 af beset het, dit met sy oorgawe in die Tweede Wêreldoorlog kwyt is. China en Taiwan se aansprake dateer veel vroeër.

Die eilande is onbewoon, maar in 1968 is ontdek dat daar moontlik groot oliereserwes in die eilande se gebiedswaters voorkom.

Samesprekings is onlangs tussen China en Japan gevoer. Dit was egter betreklike laevlakonderhandelings en beide spanne is deur adjunk-minsters gelei. Hierna het egter duidelik rug styfgemaak en beklemtoon dat Japan die onderhandelings aangevra het, en dat China daarop aandring dat Japan die “foute” regstel.

Taiwan het sy bod ingesit deur ‘n vloot vissersbote by die eilande te laat visvang, begelei deur ‘n patrollieboot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.