Chris Barnard se stewels teruggegee

Prof. Chris Barnard

Prof. Chris Barnard

Twee verpleegsters, wat prof. Chris Barnard se teaterstewels 44 jaar gelede gesteel het, het nou met die sak patats vorendag gekom, het Beeld Maandag berig.

“Kirsty Templeton en Rene Bates het verlede week, elk met ʼn skoen in die hand, by die Hart van Kaapstad-museum ingestap,” het die kurator van die museum, Hennie Joubert, gesê.

Templeton en Bates was in 1969 leerlingverpleegsters by die Groote Schuur-hospitaal. Hulle was een aand besig om ʼn teater skoon te maak toe hulle die wit stewels opgemerk het. Prof. Barnard se naam was in groot, swart letters daarop geskryf. Hulle het besluit om elkeen een te steel.

Die twee was die volgende dag te bang om die waarheid te vertel nadat daar so ʼn groot bohaai daarvan gemaak is.

Nou, 44 jaar later, het die twee besluit om die stewels aan die museum te gee. Die Hart van Kaapstad-museum vertel die storie van die eerste hartoorplanting.

Prof. Barnard is op 2 September 2001 oorlede.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.