Christchurch beleef 11 000ste aardbewing sedert 2010

Die aardbewing wat Saterdag met sy episentrum digby voorgekom het, was een van ‘n reeks aardbewings wat kort na mekaar naby die rand van die Stille Oseaanplaat wat deur Nieu-Seeland loop.

Nie een van die aardbewings was egter baie sterk nie. ‘n Ligter aardbewing van M3,3 wat Donderdag die stad geskud het, was die 11 000ste aardbewing of aardtrilling wat in die stad gevoel is, sedert ‘n aardbewing van M7,1 op 4 September 2010 naby die stad voorgekom het. Op 22 Februarie 2011 het ‘n skudding van M6,3 egter ‘n groot deel van die stad verwoes en 185 mense het gesterf.

Christchurch hoop om teen die middel van vanjaar sy hele sentrale sakekern weer oop te stel. Die opheffing van die rooi sone sal die eindresultaat wees van ‘n omvattende plan wat hersonering en herontwerp insluit sodat ‘n toekomstige aardbewing nie weer dieselfde omvang van skade en lewensverlies sal veroorsaak nie. Die vordering word as merkwaardig beskryf. “Ons wil van Christchurch die beste klein stad in die wêreld maak,” het Canterbury se minister van aardbewingheropbou, Gerry Brownlee verlede jaar tydens die tweede herdenking van die verwoestende aardbewing gesê.

Die laaste skudding, wat Sondag 4,9 op die Momentmagnitudeskaal geregistreer het, se episentrum was 14 kilometer van Patea op die Noord-Eiland. Saterdag is Christchurch geskud deur ‘n skudding van M4.3 met die episentrum net 9 kilometer buite die stad, en net 17,6 kilometer onder die aardoppervlak. Geen berigte van skade is ontvang nie. Die vroeëre skuddings het Noord van Nieu-Seeland in die see plaasgevind.

‘n Interessante verskynsel vanjaar is dat nog geen aardbewings van meer as M6 voorgekom het nie, hoewel een van meer as 7 in Alaska voorgekom het. In Januarie verlede jaar was daar wêreldwyd een van sterker as M7, en vyf beduidende aardbewings van M6 en sterker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.