Christelike vakansiedae onder die loep

Christelike vakansiedae in Suid-Afrika gaan binnekort op hoë vlakke bespreek word ná klagtes ontvang is dat dié dae teen ander gelowe diskrimineer.

Die hersiening van openbare vakansiedae, veral Christelike heilige dae, kom later in Junie onder die loep. Volgens die Beskerming en Bevordering van Kulturele, Geloofs- en Taalgemeenskappe is ’n aantal “klagte en versoeke ontvang dat openbare vakansiedae net Christenskap erken en onregverdig teen ander gelowe diskrimineer.”

Beeld berig die kommissie beplan openbare vergaderings in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat oor openbare vakansiedae, waarvan Suid-Afrika 12 het.
“Ingevolge sy mandaat het die kommissie ’n aantal klagte en versoeke ontvang wat die partydigheid en onregverdige skedule van die Wet op Openbare Vakansiedae van 1994 betref,” sê die kommissie in ʼn verklaring.

Die doel van die vergaderings is om openbare deelname aan te moedig. Inligting sal ook van gemeenskappe ingesamel word om te bepaal of diskriminasie plaasvind of nie. ’n Verslag met aanbevelings sal ná afloop van die vergaderings aan die departement van binnelandse sake en die presidensie gestuur word vir moontlike hersiening van die bestaande wetgewing.

Meer inligting is beskikbaar op www.crlcommission.org.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.