Christene geteiken in Egiptiese opstande

Mohamed MorsiDie spanning in die dorpie Delga in sentraal Egipte, het vandag breekpunt bereik toe troepe en polisielede die dorp ingeval en weer in besit geneem het. Dit volg nadat dié dorpie met sy nagenoeg 120 000 inwoners vir meer as 31 dae deur volgelinge van die onttroonde president, Mohamed Morsi, aangehou is.

Talle wapens is afgeneem en 56 mense is aangekeer.

Ishak Ibrahim, ’n navorser by die Egiptiese Sentrum vir Persoonsregte, het op Twitter beskryf hoe die dorp se inwoners die afgelope maand, sedert die inval deur Morsi se volgelinge, geteister is. Volgens Ibrahim is drie kerke en meer as ’n dosyn Christen-gesinne se huise afgebrand, terwyl meer as ’n 100 gesinne uit die dorpie gevlug het.

Die Delga-inval volg na ’n soortgelyke militêre operasie in Julie, waartydens Morsi uit die kussings gelig is. In Augustus is twee groot pro-Morsi protesgroepe in Kaïro uiteengejaag. Honderde mense is in dié skermutseling dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.